Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonner laat hom nie onderkry

Wellingtonner laat hom nie onderkry
 
2009-08-13

Johan Nel

SELFS ’n duur en onverwagte inbraak by hul sake-onderneming op Wellington kon nie maak dat ’n nuwe intrekker op die dorp sy geloof in die voordele van ’n lewe op ’n plattelandse dorp verloor nie.

Shay Bartlett, die nuwe eienaar van ’n internet-kafee op Wellington, sê dat hy en sy gesin onlangs hierheen verhuis het omdat die hoë misdaadsyfer, die oorvol paaie en die gejaagde lewe van die stad hulle net nie meer aangestaan het nie.

Verlede maand het inbrekers egter op Bartlett se onderneming op Wellington toegeslaan. Peperduur toerusting is, ondanks diefwering en ander planne om inbrekers te stuit, gesteel.

Volgens die Wellingtonse polisie was hierdie inbraak slegs een van 22 inbrake wat gedurende Julie deur besighede, huis- en motorvoertuigeienaars op die dorp aangemeld is.

Bartlett sê ondanks die inbraak weeg die talle ander voordele van ’n lewe op die platteland nog steeds die swaarste.

Die lewe wat hulle in Wellington leer ken het, is veel rustiger, die werkplek is net om die draai en hier is goeie skole vir hul twee kinders.

Daar het selfs ’n paar belangrike voordele waaraan hulle aanvanklik nie eens gedink het, bygekom.

“Ek en my vrou is al vir baie jare in die wêreld van die inligtingstegnologie betrokke. Ons het vas geglo dat ons beroep om webblaaie te ontwikkel en internet-dienste te bemark, eintlik net in die stad beoefen kan word.

“Wellington het ons heeltemal verkeerd bewys.

“Ons het feitlik nie een van ons stadskliënte verloor deur hierheen te verhuis nie en van hulle sê hulle geniet dit om hierheen te ry om besigheid te kom gesels. Dit voel soos vakansie!”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za