Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Storie-aand by Breytenbach

Storie-aand by Breytenbach
 
2009-08-13


DIE gesoute storievertellers Nico Nel en Uys van der Hoven is op 14 Augustus om 19:00 by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teaterkafee te sien.

Ter viering van Afrikaanse taalweek het die Breytenbach-sentrum besluit om Nico Nel te vra om die mense te laat lag.

Nel is ’n storieverteller van formaat en het bekendheid verwerf deur die gewilde televisieprogram, “Maak ’n Las”. Hy en sy medestorieverteller, Uys van der Hoven van die Paarl, het onlangs ’n boek die lig laat sien, Die kinders eet viennas maar ’n man kan nie relax nie, wat ook die aand te koop sal wees.

Een van die stories wat vertel gaan word, is oor Jakop Tieties wat ná ’n drinkparty in die lykshuis wakker word en dit aanneem vir ’n hospitaal. Jy kan verseker wees dat jy met trane in jou oë en wange seer van die lag vir meer sal vra.

Kaartjies is R40 en ’n kontantkroeg en teaterspyskaart is beskikbaar.

Skakel 021-873-2786 of 072-115-2913.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za