Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Betoging ná huis brand

Betoging ná huis brand
 
2009-08-13

Lise Beyers

INWONERS van Greenfields, Paarl, was verlede week weereens ontstoke oor die behuisingskwessie in dié gebied, nadat nog ’n familie hul huis en besittings in ’n brand verloor het.

Die brand het ontstaan nadat kinders vermoedelik ’n vuur in ’n bad teenaan ’n informele woning gemaak het. Die vlamme het vinnig versprei en die houtplanke van die woning het vlamgevat.

Avril Daniels en haar man, Elton, het alles verloor.

Maar hierdie is ’n prentjie wat heeltemal te dikwels voor inwoners hier geskilder word.

Talle wag al meer as 20 jaar om ’n beloofde HOP-huis te ontvang, maar so vinnig as wat huise hier gebou word, so vinnig word die huise aan ‘inkommers’ gegee, kla mense.

“As ons weer kyk, het iemand wat nie van hier af is nie, ingetrek. En as ons met hulle stry dan wys hulle vir ons die amptelike papierwerk wat sê dat die huise op hulle naam is.

“Ons word gedwing om steeds in haglike toestande te woon, en kyk net wat gebeur. Ons het alles verloor en moet nou van voor af begin.”

Inwoners hiér se lont is nou baie kort, en hulle dreig dat hulle huise sal beset indien daar nie aan hul behoeftes antwoord gegee word nie.

* Twee families van Mbekweni is Vrydag ook dakloos gelaat, toe ’n brand in Drommedarisstraat onstaan het.

Niemand is in die brand beseer nie, en die vinnige optrede van die gemeenskap en die brandweer het verhoed dat dit verder versprei.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za