Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dinge raak dikker!

Dinge raak dikker!
 
2009-08-13


OP Vrydag 14 Augustus om 20:00 raak dinge dikker by die Ou Meul-teater met Sê jy ek is dik? II.

Ná die massiewe sukses van Sê jy ek is dik I, het die melktert wél die koekroller getref en die dames sing steeds voort.

Vandaar dan die nuwe baksel uit die Skouperd Produksies kabaretkookboek. In Sê jy ek is dik? II kry die vetkoeke nóg ’n olie-laag en stop hulle die vertoning vol met die lief en leed van die groter vrou.

Susan en Amanda kry in hierdie produksie kans om hul harte in liefde te doop op ’n realiteitsprogram genaamd “Afrikaan soek sy Swaan”. Dit gee ’n hele taai spul af – vol grappies gesprinkel.

Skouperd Produksies is trots om ’n nuwe vreetsuster te verwelkom by die altyd-lusters.

Frieda van den Heever sluit haarself as pianis aan by Marika Reinke (aktrise), Yolandé Rabé (aktrise) en Marteni Burger (teksskrywer).

“Hier is nou geen blinddoek meer, oor die moeilikheid van verteer, maar ons sal eers die tafel dek, voor ons die hoofdis oopvlek.”

Kaartjies is R60 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za