Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kantore beset

Kantore beset
 
2009-08-13


DIE kantore van Agri Wes-Kaap is verlede week Maandag vir ’n paar uur onwettig beset deur lede van Fawu, Women on Farms en ander organisasies tydens ’n protes oor lewensomstandighede op plase.

Volgens die hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, het die groep die perseel van Agri Wes-Kaap onwettig betree en die personeel nie alleen aangerand nie, maar hulle ook teen hulle sin aangehou. Hierdie swak gedrag het ’n geruime tyd voortgeduur.

“Sulke optrede sal nie verder geduld word nie en toepaslike stappe is reeds in proses om die skuldiges tot orde te roep,” sê Opperman.

Die besetting het glo gekom nadat ’n vergadering met dié organisasies uitgestel is omdat verteenwoordigers van die staat dit nie kon bywoon nie.

“Agri Wes-Kaap het die landbougemeenskap in die Wes-Kaap in 2000 met ’n gedragskode verbind tot regverdige, veilige en geborge indiensneming- en bestaansomstandighede vir almal in die landbou. Dit dien as bevestiging dat arbeid een van die belangrikste bates vir die landbou is.

“Ingevolge die gedragskode sal almal wat op die plaas woon en werk toegang tot basiese regte verkry.

“Agri Wes-Kaap wil dit onomwonde stel dat die landboubedryf tans onder geweldige druk verkeer en dat dit vir produsente al hoe moeiliker geword het om winsgewend te boer.

“Die landboubedryf funksioneer binne ekonomiese gegewes en werklikhede, en om volhoubaar te kan bly moet die bedryf hierdie werklikhede hanteer.

“Saam met al die veranderinge wat met transformasie gepaard gaan, soos regsaspekte en die magdom pligte en verantwoordelikhede wat op landbou-werkgewers se skouers rus, het die gesig van landbou verander.

“Plase is ekonomiese eenhede wat net soos fabrieke en maatskappye winsgewend moet kan produseer om in besigheid te bly.

“Die dae dat plase die voorsiener van werk, blyplek en kos vir almal in die landelike gebiede is, is verby. Daarmee saam kan landbouers nie meer allerlei maatskaplike dienste op plase voorsien nie.

“Maatskappye en fabrieke voorsien dit nie, en so kan dit ook nie van landbouers verwag word nie. Plase is besighede, en moet so bedryf word.

“Sekerlik die belangrikste uitvloeisel van hierdie veranderende gesig van die landbou, is dat die arbeidskomponent van intensiewe boerdery-eenhede tot oor die 40% van bedryfsuitgawes uitmaak.

“Werkgewers moet die werknemers op hul plaas aanstel na gelang van die behoefte vir spesifieke take. Net soos in ’n besigheid, het die boerdery-onderneming gespesialiseerde werknemers nodig – administratiewe personeel, ingenieurs, vrugteplukkers, toesighouers, ens. Hierdie is almal poste wat gespesialiseerde vaardighede vereis.

“Die tyd is verby dat produsente ongeskoolde, onopgeleide werkers in diens kan neem, en daarmee saam verblyf, opleiding en maatskaplike dienste kan voorsien.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za