Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Einde van die pad

Einde van die pad
 
2009-08-13

Lise Beyers

EEN van die direkteure van die sukkelende beleggingsmaatskappy, King Financial Holdings, het Maandagaand sy eie lewe geneem.

Die liggaam van dr Paul King is Dinsdagoggend op ’n verlate plaaspad naby Hermon gevind.

Dr King, wat saam met sy broers, Adrian en Stephen, die eiendomsontwikkelingsmaatskappy bedryf het, het hom vergas in sy motor op ’n plaas naby Hermon wat aan die Kings behoort.

Hy was ’n reproduksiefisioloog voordat hy by die maatskappy aangesluit het.

Hy het glo tien dae gelede ook selfmoord probeer pleeg deur pille te drink en homself daarna te vergas. ’n Familielid het egter op hom afgekom en hom na die hospitaal geneem.

Hierdie voorval kom kort op die hakke van die onlangse aankondiging dat ’n voorlopige aansoek om likwidasie van Kingfin in die Kaapse Hooggeregshof toegestaan is.

Hierdie hangende likwidasie beteken dat sowat 10 000 beleggers, meestal pensionarisse, feitlik al hul spaargeld kan verloor. Die finale keerdatum vir die hofaansoek is Vrydag.

Die maatskappy het aanloklike beloftes van hoë opbrengste op beleggings beloof, tot 30% per jaar, in hul kommersiële eiendomsontwikkelings.

Weens hierdie aanloklike opbrengste het kliënte selfs verbande op hul huise geneem om deel te wees van die partytjie, en het altesaam R680 miljoen by Kingfin belê.

Die Raad op Finansiële Dienste het egter verlede jaar snuf in die neus gekry dat alles nie wel was by die Kings nie, en ’n indringende ondersoek is geloods na hul bedrywighede.

In hierdie ondersoek is talle ongerymdhede binne die maatskappy gevind en daar is tot die slotsom gekom dat hulle insolvent is. Kingfin moet Vrydag redes aanvoer waarom die likwidasiebevel nie uitgevoer moet word nie.

* Intussen is ’n voorlopige sekwestrasiebevel teen die boedel van die voorsitter en stigter van die maatskappy, Adrian King, toegestaan in die Kaapse Hooggeregshof. Die aansoek is gebring deur ’n belegger wat ’n bykomende verband op sy huis uitgeneem het en R2,5 miljoen in die onderskeie eiendomsontwikkeling van King belê het.

* A director of the flawed investment company, King Financial Holdings, committed suicide this week.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za