OP Saterdag 5 September van 11:00 sal die Frank Pietersen Musieksentrum ’n familiedag hou met met ’n steak en chips middagete.
Daar sal ook ’n groot skerm en biertuin wees en vermaak vir die kinders.
Gedurende die middag sal musiekensembles en -groepe optree; en daar sal stalletjies met verversings te koop wees.
Vanaf 18:00 vind die FPMC Idols se finale ronde plaas. Inskrywings is R10 per lied en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Musieksentrum. Vir navrae verdere navrae, kontak die sentrum by 021-8722-123/4.