Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe skoonheid word gekroon by gala-aand

Nuwe skoonheid word gekroon by gala-aand
 
2009-08-13


DIE gala-aand van die Miss Winelands en Miss Winelands Teen-kompetisie word Vrydag 14 Augustus van 18:30 in die Paarl Stadsaal gehou.

Die aand beloof om glansryk te wees en ’n baie belangrike trekpleister is Adrian Skelly, hoof “scout” van die Mej Suid-Afrika-kompetisie.

’n Vingerete met wyn sal aan gaste wat tafels bespreek het, voorgesit word teen R250 per persoon. Galerykaartjies is te koop teen R100 per persoon by die deur en sap en aartappelskyfies sal vooraf te koop wees.

Die finaliste sal beoordeel word deur ’n groep uitgelese beoordelaars, naamlik Gavin Miller van Shine Models in Kaapstad, Chester Williams, bekende Paarliet en Springbokvleuel, Ernst van Dyk, bekende Wynlander en węreldkampioenatleet, Tersia Wesson, bekende sakevrou en Martelize Brink, RSG persoonlikheid. Bekende rugbyspelers sal deel wees van die program, waar die finaliste in informele drag, swemdrag en aanddrag sal paradeer.

Die opbrengs van die aand gaan aan Miqlat Bowy House vir kinders geaffekteer deur MIV/Vigs.

Vir besprekings, kontak Rietha by 083-460-2324 of Rixi by 083-556-0511 of stuur ’n e-pos na info@misswinelands.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za