Valcare fokus op gesinsgeweld
2005-08-25
DIE volgende Valcare Inligting- en Netwerkbyeenkoms vind Woensdag van 15:30 tot 17:00 by die Miqlat-sentrum (voorheen Tiffany’s) in Paarl-Oos plaas.
Die onderwerp is gesinsgeweld. Antoinette Vermooten (landdros) sal praat oor gesinsgeweld interdikte en Zarina Majiet (Mosaic) praat oor berading en opleiding.
John Martin (Athlone House of Strength) sal gesels oor dié projek wat hulp aan slagoffers wil gee.
Laat weet of u die vergadering kan bywoon. Donasies vir administratiewe kostes vir hierdie vergadering is welkom.
Kontak Jolanda van der Lingen, 084-393-1192 of 872-2495.
More
News
|