Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brawe Boland lyk belowend voor WP-stryd

Brawe Boland lyk belowend voor WP-stryd
 
2009-08-13

Jaco van Wyk

IS die Kavaliers uiteindelik besig om die vrugte te pluk van ’n maandelange kondisioneringsprogram vroeër vanjaar?

Dit wou ten minste vir die eerste veertig minute van verlede Vrydag se kragmeting op die Boland-stadion so voorkom, met die Leeus wat hard moes woel om ’n 19-13 oorwinning te behaal.

En net vinnig, ’n vriendelike waarskuwing aan die Westelike Provinsie wat Saterdag die Kavaliers in Wellington kom aandurf: moet nóóit die Kavaliers onderskat nie, veral nie op hul tuisveld nie.

Die Leeus kan beslis hiervan getuig. Nie dat hulle klei getrap het nie. Gemeet aan die Wynboere se power-vertonings in hul vorige paar Curriebekerwedstryde, kan Vrydag se vertoning gesien word as ’n reuse-tree in die regte rigting vir die Kavaliers, aangesien hulle amper-amper klaargespeel het met een van die groot menere in die Curriebeker-kompetisie.

Met die rustydtelling 7-6 in die Leeus se guns, ná twee strafdoele deur die Kavaliers se heelagter Justin Peach en ’n verdoelde drie deur die Leeus se vleuel Henno Mentz, was Boland nog stewig in die prentjie.

Die Kavaliers het immers die beste rugby tydens die eerste helfte opgedis en gewys hoe hardlooprugby gespeel behoort te word.

In die tweede helfte was daar egter geen drieë gedruk nie, met beide spanne wat aandag behoort te skenk aan hul afronding.

Die Kavaliers was egter met ’n strafdrie beloon ná ’n onwettige duikslag op Boland se Ernie Kruger toegepas is.

Uiteindelik was dit die akkurate korrelwerk van die Leeus se Earl Rose, wat die knoop vir sy span deurgehak het.

* Eerskomende Saterdag reis die Westelike Provinsie na Wellington vir hul derby-wedstryd teen die Boland Kavaliers.

Dié kragmeting, wat 15:00 plaasvind, is jaarliks ’n groot wenner onder plaaslike ondersteuners.

Kaartjies is beskikbaar by die Boland-unie se kantore by die Boland-stadion en by PêrelSport in Lady Greystraat en Paarl Mall.

Kaartjies is R50 vir die hoofpawiljoen, R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za