Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Derby-driekuns

Derby-driekuns
 
2009-08-13

Jaco van Wyk

EN daar duur Klein Nederburg Sekondêr se derby-oorheersing vir ’n derde jaar agtereenvolgens voort.

Dit was ’n welverdiende oorwinning vir Klein Nederburg op die Faurestraat-stadion, wat Saterdag met 16-3 te sterk was vir hul aartsvyande, New Orleans Sekondêr.

Ná ’n koppestamp soos min, sal die wenspan egter die eerste wees om te erken dat dié ‘gerieflike’ oorwinning beslis nie op ’n skinkbord aan hulle oorhandig was nie, met New Orleans se groot agterlyn wat dikwels Klein Nederburg se verdediging op die proef gestel het.

Klein Nederburg was egter gereed vir ’n rowwe aanslag deur hul opponente en was uiteindelik meer as opgewasse vir die taak.

New Orleans het dit van meet af duidelik gemaak dat hulle die gasheer-span fisiek sou aanvat, toe Klein Nederburg se buitesenter Chevandré van Schoor in die eerste minuut kliphard gelak is. Van Schoor was met ’n draagbaar van die veld gehelp.

Dié duikslag het die tafel gedek vir ’n klipharde derby-stryd.

Mits hulle beter na die pale gekorrel het, kon Klein Nederburg dalk ’n groter voorsprong teen rustyd opgebou het, maar ná ’n paar verbroude strafskoppe, het Charlin Paulse die telbord vir Klein Nederburg aan die rol gekry. New Orleans het teruggeantwoord met ’n strafdoel, maar Klein Nederburg het vinnig weer hul neuse voor gekry.

Uiteindelik het ’n drielose, maar opwindende, eerste helfte tot ’n einde gekom, met KN gerieflik in beheer met ’n 9-3 voorsprong.

Die tweede helfte was ’n oorlewingstryd, met beide spanne wat gekeer het vir al wat hulle werd was.

Tipiese derby-rugby was die uiteinde van dié helfte, met die uitklophou - ’n drie deur Klein Nederburg se agtsteman Carlon Carolissen - die hoogtepunt van die wedstryd.

Wat ander wedstryde aanbetref, lyk New Orleans se toekoms blink.

Terwyl die dames se rugbywedstryd gelykop geëindig het met 5-5, was New Orleans se o.14’s (38-10), o.15’s (12-5), o.16’s (24-5) en o.19B’s (26-11) aan die wenkant.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za