Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Met raad en daad

Met raad en daad
 
2005-08-25


VAN Tik, angs en huweliksprobleme tot behuising en vrae rondom rekenings - dit kom alles oor die tafel van pastoor Graham Taff, wat deesdae ’n beradingsdiens in die Paarl bedryf.

Past Taff doen wel berading by sy kerk, die Volle Evangelie Kerk in New Orleanslaan, maar dit is normaalweg net vir lidmate en soms hul vriende.

“Sowat vyf jaar gelede het ek by Radio KC betrokke geraak en bewus geraak van die erge nood in die gemeenskap,” vertel hy.

Sy program Sondagaande duur soms tot in die laatnag met gebedstye vir mense met probleme.

Sowat ’n jaar gelede het hy besluit om iets meer hieraan te doen en só het die beradingsentrum, regs langs Radio KC, ontstaan.

“Hierdie was net ’n hokkie,” beduie Taff na die vertrek wat op Jan Phillipsplein uitkyk en aan ’n studeerkamer herinner.

Rondslapers het dit voorheen gebruik vir urine- en slaapplek.

Past Taff het met die eienaars van die gebou onderhandel, ’n deur geskenk gekry en hy was in besigheid.

Sy spreekure is Donderdae tussen 08:00 en 16:00. Hy sien tussen tien en veertien mense in dié tyd, meestal mense wat sommer net daar instap.

Daar is natuurlik ook mense wat afsprake maak en sensitiewe gevalle sien hy gewoonlik na ure, soms tot 22:00 toe.

Sy besoekers is mans en vroue, en selfs kinders van so jonk as twaalf jaar.

Uit Ceres, Piketberg, Milnerton en Worcester ry hulle Paarl toe om by hom te kom aanklop vir raad en bystand.

“Daar is geen fooie betaalbaar nie, mense wat wil, kan ’n donasie maak.”

Taff se gemeente gee hom die dag af en betaal ook sy kantoorhuur en telefoon.

Hy het nou nog twee vertrekke bekom en beplan om dit in te rig as ontvangs en ’n kantoor waar mense heeldag na geestelike musiek kan luister, of na video’s, DVD’s of die televisie kan kyk.

Past Taff beplan ook ’n 086-nommer waar mense in krisis 24 uur per dag gehelp kan word.

“Op die oomblik ontvang ons Sondae met my program, van 22:00 tot 24:00, tot 80 oproepe. Dit hou soms tot 01:00 toe aan.”

Past Taff sê vandat hy met die radioprogram begin het, is daar ook ’n toeloop na sy kerkdienste Woensdae en Sondae.

“Wat belangrik is, is dat ons leierskap moet besef die radio het ons mense se nood verbaal gemaak.”

Past Taff kan by 083-774-2293 gekontak word.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za