SMS-kommentaar
2009-08-20
* Indien die senior amptenare van munisipale finansies se kredietbeheerfunksies weggevat is, wat gaan hul dan in buitekantore maak? Raad mors mos belastingbetalers se geld *Ek woon al 21 jaar in my huis en met die nuwe eiendomsbelasting betaal ek meer aan belasting as aan my verbandpaaiement. Ek koop nou my huis van die munisipaliteit *Kingfin: Laat hy wat sonder foute is, die eerste steen optel. Die Kings se ondergang was hul omgee vir mense *Wat makeer die kinders - motorfietsbende jaag by ’n stopstraat sommer weerskante van motors oor stopstrate *Graag wil ons die SAPD Paarl-Oos bedank vir hulle puik diens by name insp Salies en Engelbrecht- dis ware polisiemanne - Fredricks-gesin *Verkeersmanne, waar is julle, taxi’s ry alweer soos padvarke. Hulle sny gedurig voor jou in op sperstrepe op die robots *Elke week lees ek dat mense kla oor die taxi’s wat so sleg ry. Moet egter nie te veel verwag van die taxi-unies nie *Hoërskool Noorder-Paarl baie geluk aan die rugby en netbal o.19. Puik met oorwinning oor Paulus. Personeel NP *Blain van Wyk onthou jy nog die ‘Doodsberig van Boishaai’ geplaas deur oud-Gimmies verlede jaar? Vat jou pak. *Nee, nou skaam ek my dood vir Lady Greystraat, Paarl, wat ’n gemors! Doen asb iets aan die deurmekaarspul. *Dieremishandeling: Al wat sal help is dat hierdie kinders lyfstraf kry. Slaan die kinders totdat hulle eie bloed vloei! *Moeg om by supermarkte in Noorder-Paarl in bedelaars vas te loop - hierdie rondlopers sal jou net môre beroof. *Die grootste onreg wat mens kan doen, is om aan bedelaars geld te gee - ons help hulle verder in die verderf, want ons voed hul afhanklikheid van dwelmmiddels en drank. Inspireer hulle om handig te word en nie net hande uit te steek nie, want dit is hoekom ons op aarde geplaas is met ’n doel.
More
News
|