Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waar is ons vlae?

Waar is ons vlae?
 
2009-08-20


EK moet eerstens vir die Drakenstein Munisipaliteit geluk wens met die feit dat hulle alreeds begin het om vir Drakestein (Paarl) te bemark vir 2010.

Die vlae wat op die lamppale in die Paarl is, lyk baie netjies, dit is nie so groot en slordig soos dié wat jy op pad lughawe toe en in die Kaap se strate sien nie.

Ek moet sê dit is regtig slim om vir die kleiner, netjieser vlae te gaan - wie ook al dit uitgedink het, moet ’n pluimpie kry.

Selfs die groot vlae voor die Vaal- gebou lyk baie netjies. Maar dan... ek bly in Saron en het toe ook in Gouda gaan rondry en agtergekom dat daar nêrens enige vlae of enige vorm van 2010 bemarking in die ander dorpe plaasvind wat deel uitmaak van die Drakenstein Munisipaliteit nie, en Wellington het ook net so ’n paar.

Dink julle dat ons in Saron en Gouda absoluut niks van sokker of 2010 weet nie, of is dit julle manier om vir ons net te sê ons dink niks van julle nie en dat julle nie deel van ons 2010 planne is nie?

Snaaks genoeg kom dit by verkiesingtyd dan is die politici almal in Saron en Gouda om so gou as moontlik ons stemme te kry.

Ek hoop dat julle so gou as moontlik ook ons dorpe gaan versier met die 2010 vlae soos in die Paarl, want ons betaal net so ons belasting soos die Paarlse mense en ons wil ook deel voel van Drakenstein en 2010.

Hoop om van julle te hoor

Drakensteiner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za