Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak diens by Paarl Hospitaal ongevalle

Swak diens by Paarl Hospitaal ongevalle
 
2009-08-20


SONDAG kort voor 12 uur het ek ’n familielid na Paarl Hospitaal toe geneem, met haar baba van vier maande.

Die babadogtertjie het Vrydag begin siek word en teen Sondag het haar borsie so gefluit dat ons haar dokter toe wou neem.

Omdat alle spreekkamers Sondae toe is, het ons na Paarl Hospitaal toe gegaan, waar sy tussen die groot aantal wagtende pasiënte gaan sit het.

Die moeder van die baba het twee keer vir die verpleegpersoneel gesê dat die baba baie benoud is, en het gevra om gehelp te word, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie.

Eers teen halfsewe die aand, toe ek hulle weer wou oplaai, het die uiters bekommerde, angstige ouers uiteindelik ’n dokter gesien.

Die geneesheer was baie ontstoke dat hulle “nou eers” by hom uitkom, omdat die kind longontsteking het.

Die baba is uiteindelik vir twee dae in die hospitaal opgeneem en het ’n groot knou weg.

Wat my verstand te bowe gaan, is hoekom die personeel nie beter omsien na die wagtende pasiënte nie.

Toe ek my verpleegopleiding gedoen het, is ons geleer dat jy alle pasiënte gedurig moet observeer om noodgevalle raak te sien.

Ek dink hulle is skuldig aan pligversuim wat tot die dood van hierdie kind kon gelei het.

Dit is skokkend en daar moet opgetree word.

Verpleegsuster

Delene Maurice




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za