Hugenote interskole
2009-08-20
OP 22 Augustus sal Hugenote Hoërskool en Swartland Hoërskool se interskole om 08:00 op Malmesbury afskop. Die Hugenoters oorheers die afgelope vyf jaar die stryd. Die rugbyspanne wat teen mekaar meeding op die A-veld is o.14A, o.15A, o.16A en o.19B gevolg deur die eerste spanne om 13:25. Op ander velde word dieselfde oggend rugbywedstryde gespeel tussen die res van die rugbyspanne, die hokkiespanne en die netbalspanne (die eerste netbalspan speel om 11:00).
More
News
|