DIE Breytenbach-sentrum bied vanaf 4 tot 7 September in samewerking met Kunstekaap 地 skryfkursus aan vir opkomende dramaturge.
Die klem word geplaas op dramatekste, omdat dit 地 skryfvorm is waaraan daar dikwels nie genoeg aandag gegee word nie.
Die aanbieder van die kursus is die ervare dramaturg en vervaardiger, Roy Sargeant, wat in hierdie kursus sal aandag gee aan verskeie skryftegnieke.
Athol Fugard se drama, Master Harold and the Boys, en die teaterstuk Kindertransport deur Diane Samuels, sal die grondslag vorm vir die aanbieding.
Die deelnemers sal geleer word om hulle sintuie kreatief in te span en deur die werksessies sal 地 dramateks geskep word.
Dialoog vir die verhoog, praktiese eise en beperkinge van die verhoog, die samewerking met 地 regisseur en die opbou van 地 profiel vir elke karakter is van die aspekte wat by die kursus in diepte bespreek sal word.
Hierdie sessies word gratis aangebied, maar die fokus sal val op opkomende skrywers wat dit nie andersins sou kon bekostig nie.
Vir nadere inligting, skakel gerus vir Theo Kemp by 021-873-2786 of stuur 地 e-pos na theokemp@breytenbachsen trum.co.za.