Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wetenskap-ekspo vier tien jaar se sukses

Wetenskap-ekspo vier tien jaar se sukses
 
2009-08-20


VANDEESWEEK sak meer as 400 aspirant-wetenskaplikes op Stellenbosch toe vir die tiende streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes.

Hierdie byeenkoms het in die afgelope dekade waarin dit deur die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe en die Instituut vir Wiskunde en Wetenskappe Onderrig (IWWOUS) in die Fakulteit Opvoedkunde aangebied is, van krag tot krag gegaan.

Vanjaar se verrigtinge sal onder meer bygewoon word deur Priscilla Moodley, die nasionale voorsitter van Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes.

Die streekkompetisie, ’n uitvloeisel van die nasionale kompetisie, het in 2000 met die betrokkenheid van net ’n handvol skole begin.

Vanjaar verwag die organiseerders die deelname van meer as 40 skole vanuit die Boland, Overberg, Swartland, Sentraal-Karoo, Suid-Kaap en Weskus.

Die hoofdoel is om wetenskap in skole te bevorder, kritiese denke aan te moedig en leerders te help om projekte op ’n sistematiese, wetenskaplike manier aan te pak.

Leerders kry die kans om probleme te identifiseer, hipoteses te formuleer, data te versamel en te analiseer, afleidings te maak en om hul bevindinge effektief aan ander mense oor te dra.

Leerders kan projekte in 25 verskillende kategorieë inskryf en moet ’n goedgedokumenteerde uitstalling en navorsingsverslag voorlê.

Deel van die beoordelingsproses behels ook ’n persoonlike onderhoud met elke deelnemer.

Na afloop van die streekskompetisie word medaljes en spesiale pryse aan die beste projekte toegeken.

Daarby kies die Stellenbosch-streek vanjaar 20 projekte om aan die nasionale kompetisie in Pretoria deel te neem.

Lede van die publiek kan die projekte Vrydag van 11:00 besigtig in die Paul Roos Aktiwiteitsentrum op Stellenbosch.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za