Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Marion Holm laat gehore weer skater met Sussie

Marion Holm laat gehore weer skater met Sussie
 
2009-08-20


DIE bekende aktrise Marion Holm sal op Vrydag 21 Augustus om 20:00 in die Breytenbach-sentrum die gehoor laat skater met haar nuutste Sussie-produksie genaamd, “Cheers!”

Holm se “Sussie” het al ’n instelling by al wat ’n fees en teater in die land is, geword en na al die jare wat Sussie of suur, uitgerafel, gesurvive het, staan sy sterker as ooit en sê: “Cheers”!

“In hierdie Sussie-vertoning drink ons saam ’n heildronk op alles en nog wat... hede, verlede en die toekoms! Ons klink ’n glasie op ons families, vriende, geld, groei in alle rigtings, joga, rystoele, ouderdom, Bulgaarse jogurt, kleuresport, jou naam met ’n plank slaan en lekker lag!” vertel Holm oor die inhoud van haar jongste komedie.

Maar alhoewel Holm ’n paar juwele uit die vorige vyf Sussies gaan haal en afstof, is daar natuurlik ook nuwe snaaksighede om na uit te sien.

“Sussie: Cheers!” is geskryf deur die gedugte span van Chris Vorster, Marion Holm en Hennie van Greunen.

Die kaartjies is R90 per persoon en kan bespreeek word by 021-873-2787 of by 072-115-2913.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za