Groendal troef Kylemore
2009-08-20
GROENDAL SEKONDÊR is, ná afloop van die naweek se derby-wedstryde teen Kylemore, aangewys as die derby-kampioene vir 2009. In die hoof rugbywedstryd het Groendal se o.19A-span met 14-10 koning gekraai. Groendal se o.19A-sokkerspan het 3-1 gewen, terwyl Kylemore die o.19A-netbalwedstryd 17-13 gewen het. Groendal het die skaak gewen. In ander kragmetings het Groendal se o.15 sokkerspan (3-2), dogtersokkerspan (3-1), o.14A-netbal (12-6), o.16A-netbal (12-10), o.14A-rugby (13-3) en die o.19B-rugby (10-6), geseëvier. Kylemore het koning gekraai in die seuns- en dogtersvlugbal (albei wen 2-1), en o.16A-rugby (17-9). Die o.15A-rugbyspanne het 12-12 gelykop gespeel.
More
News
|