DIE akteur en sanger Ivan Zimmermann is Vrydag te sien by die Ou Meul-teater om 20:00.
Hy is bekend as akteur in gewilde reekse soos Dit Wat Stom Is, Egoli en 7de Laan, maar hy het nog altyd geweet dat hy eendag ’n CD sal opneem.
“Ek skryf al baie lank gedigte en so vyf jaar terug het ek ván dit begin toonset. Ek het daaraan geskaaf en vir mense van die liedjies begin speel. My droom om ’n CD op te neem, het al nader gekom.
“Daar was twee dinge wat vir my baie belangrik was met die album: al die liedjies moet oorspronklik wees en dit moet iets vir my beteken.”
Elkeen van die elf snitte op Asems Uit die See het ’n storie.
“Ek glo ek praat ’n taal wat mense kan verstaan.”
Kaartjies is R60 by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.