VANJAAR se Cultivaria kunstefees vanaf 23 tot 27 September aangebied deur FNB en Drakenstein Munisipaliteit beloof weereens vermaak uit die boonste rakke met van die land se top kunstenaars.
Feesgangers wat deel wil wees van die fees se stylvolle afskop, moet gou spring om kaartjies vir die Bovril langtafel te bespreek.
Tydens hierdie galageleentheid word Paarl se hoofstraat omskep in ’n buitelug restaurant en ’n smaaklike drie-gangmaaltyd word saam met Simonsvlei wyne bedien. TV-aanbieder Doreen Morris is die gasvrou en Idols-ster Brandon October tree op as gasheer.
Vermaak sal verskaf word deur October, Kevin Leo en die groep Navi Redd.
Hoogtepunte van die fees is beslis die terugkeer van David Kramer en sy orkes, die unieke produksie It Takes Two met die wenkombinasie van Nianell en Dozi, asook Robbie Wessels, wat sy Kaapse buiging in die aangrypende drama Môre is ’n Lang Dag slegs tydens Cultivaria gaan maak.
Tussendeur al die produksies is die Heinz Emporium beslis die plek om uit te span. Heerlike kos, wyn en fantastiese musiek sal ’n welkome lafenis verskaf.
Leer nuwe kookkunsies tydens demonstrasies in die Bokomo-kombuis (toegang tot die emporium word gratis ingesluit by enige vertoningskaartjie). Dagbesoekers kan toegangskaartjies teen R40 by die hekke koop.
Die jongspan kan uitsien na ’n junior Cultivaria met prettige aktiwiteite en fantastiese vertonings in die Liqui-Fruit kinderteater en speelgrond. Kaartjies kos R50 per kind per dag.
) Twee gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na Cutt Glas se produksie Alles van die Beste waarin hulle 20 jaar van spesiale oomblikke herdenk.
Suid-Afrika se eerste professionele vroue à capella-groep beloof om weereens te bekoor met gehoorgunstelinge.
Stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede aan Renée by admin@peridot.co.za, met “Paarl Post” as die onderwerp, om te kwalifiseer vir jou dubbelkaartjie na Cutt Glas se vertoning.
Vir besprekings en meer besonderhede, besoek www.culti varia.com. Vir navrae, skakel 021-872-9754.