Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Opera, boere- én koormusiek by Gimnasium

Opera, boere- én koormusiek by Gimnasium
 
2009-08-20


DIE bekroonde sestienjarige operasanger van Kaapstad, Johannes Slabbert, tree op môre in Hoërskool Gimnasium se ouditorium op.

Slabbert neem sangklasse in ligte opera by professor Brad Liebl van die Universiteit Kaapstad se Operaskool. Hy het vanjaar vyf goue medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en ’n trofee as mees belowende sanger by die Suid-Afrikaanse Eisteddfod ontvang en is as die wenner van die Gemini-sangkompetisie aangewys. Hy het ook onlangs na Los Angeles gereis waar hy vyf goue medaljes en ’n Europese kontrak losgesing het.

Ook op die program is Grey Kollege se Boere-orkes en Indomitus-koor. Dié boere-orkes is al twee keer as die beste skole-boereorkes in die land aangewys en het op die televisieprogramme “Dis hoe dit is met Steve” en “Kom ’n bietjie binne” hul slag gewys.

Die internasionaal-bekroonde Indomitus-koor tree gereeld saam met bekende kunstenaars soos Nianell op en het vanjaar ’n A++-toekenning by die Vrystaatse Eisteddfod en ’n goue toekenning by die ATKV Applous-kompetisie ontvang. Die geleentheid word aangebied deur die Vriende van Afrikaans (Paarl). Kaartjies is R65 wat ligte verversings insluit. Kontak Elsa Olivier by 021-863-3839 of 072-997-5611.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za