DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se Relay for Life is ’n unieke gebeurtenis wat aan elkeen in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker.
Dit verteenwoordig die hoop dat diegene wat die stryd teen kanker verloor het, nooit vergeet sal word nie, dat diegene wat kanker in die gesig staar, ondersteun sal word en dat kanker eendag oorwin sal word.
’n Opleingskursus met die oog op Relay for Life word op 29 Augustus vanaf 09:00 tot 15:00 in die Paarl aangebied. Belangstellendes word uitgenooi om die Relay For Life opleiding by te woon. Ligte verversings sal aangebied word. Bespreek by Alta Falck by 023-342-7058 of Bertie Lambrecht by 021-872-3014.