Rugby-aksie by Gim o.16 toernooi
2005-03-17
DIT sal weer ’n fees van rugby wees wanneer Paarl Gimnasium sy jaarlikse o.16 toernooi oor die Paasnaweek aanbied.
Die toernooi begin reeds Donderdag 24 Maart met elf wedstryde wat op Gimnasium se velde beslis word.
Die twee hoofwedstryde tussen HJS en Centurion en Paarl Gim teen Monument sal om onderskeidelik 18:30 en 19:35 op die Faurestraat Stadion gespeel word.
Behalwe vir dié vier skole, sal spanne van Brackenfell, Dinamika, Florida, Gill College, Kemptonpark, Strand, Klerksdorp, Outeniqua, EG Jansen, Oakdale, Overkruin, Framesby, Westville Boys, PW Botha, Boland Landbou, HTS Middelburg, Punt, Marlow, Tygerberg, Glenwood Boys, Menlo Park en Michaelhouse in aksie wees.
Die program vir die eerste dag is: (14:15) Brackenfell t Dinamika, Florida t Gill College, Kempton Park t Strand, (15:20) Klerksdorp t Outeniqua, EG Jansen t Oakdale, Overkruin t Framesby, Westville Boys t PW Botha, (16:30) Boland Landbou t HTS Middelburg, Punt t Marlow, Tygerberg t Glenwood Boys, en Menlo Park t Michaelhouse.
More
News
|