DIE Waardevol vir Jesus-veldtog is geloods deur Straatwerk, ’n Christelike bediening wat reeds jare lank uitreik na hawelose mense wat op straat leef.
Die visie van die Waardevol vir Jesus-veldtog is om seksuele misbruik aan te spreek.
Deur die veldtog word hierdie boodskap op ’n ouderdomsvriendelike en -relevante wyse oorgedra by laer- en hoërskole. Aan die einde van so ’n aanbieding kry elke kind ’n handgebreide poppie.
Indien enigeen wil help met die brei van poppies kan hulle die patroon vir die poppies by Die Wolnessie (hoek van Fabriek- en Dorpstraat) in die Paarl kry.
Poppies kan ook daar afgegee word of dit sal by jou opgelaai word. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Ena Coetzee, koördineerder vir Paarl en Wellington, by 021-873-1400 of 072-936-7654.