Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat gaan ons in 2010 doen?

Wat gaan ons in 2010 doen?
 
2009-08-20


DIE NG gemeentes van Wellington bied hulle Sendingfees van 23 tot 26 Augustus elke aand om 19:00 in die NGK Wellington-Oos om die tema: Geroep vir 2010?!

Sondagaand (23 Augustus) sal die geleentheid om deur sport na die besoekers toe uit te reik, verken word.

Maandagaand (24 Augustus) is dit die beurt van die gastebedryf. Hoe kan gastehuise en restaurante ten beste gebruik word om ’n positiewe boodskap oor ons geloof, omgewing en kultuur uit te dra?

Dinsdagaand (25 Augustus) kom die sakewęreld aan die beurt en elke sakeman en -vrou en ander professionele mense kan dink hoe om deur die dienste wat ons lewer, ’n boodskap te dra.

Woensdagaand (26 Augustus) fokus hulle op die vreemdelinge wat reeds in ons midde is. Hoe kan ons hulle help? Hoe kan ons met Christelike liefde na hulle toe uitreik?

Daar sal ook ’n verskeidenheid uitstallings te sien wees en getuienisse gelewer word.

Terselfdertyd word ’n heerlike konferensie vir laerskoolkinders in dieselfde kompleks gehou, onder die tema: “Op reis deur die heelal!” Vir meer inligting, kontak ds Attie van Wijk by 082-557-9796.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za