Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geweld teen meisies

Geweld teen meisies
 
2005-08-25


AGT voorvalle van verkragting, onsedelike aanranding en gesinsgeweld is die naweek aangemeld by die Paarlse eenheid wat misdrywe teen vroue en kinders ondersoek.

’n Tienermeisie het Saterdagaand saam met haar vriend by die Weltevrede sportgronde gestap toe vier onbekende mans hulle tegemoet gekom het.

Twee mans het haar vriend oorrompel en vasgehou terwyl die ander twee haar vasgedruk en verkrag het.

Lede van die Buurtwag het op die aanvallers afgekom. Hulle het weggehardloop en die meisie is hospitaal toe geneem.

In ’n ander voorval die naweek is ’n 16-jarige meisie van Wellington vir onsedelike aanranding aangekeer.

Dit was nadat die ouers van ’n vyfjarige meisie die polisie daarvan verwittig het dat hul dogter, wat gereeld in die woning van hul bure kuier, na bewering onsedelik aangerand is deur die bure se tienerdogter.

* Inligting word gesoek ná die verkragting om 02:30 die nag van 15 Julie toe ’n moeder en haar drie kinders in ’n opslaanhuis in Fairyland aangeval is.

Die onbekende man het die deur oopgeskop, ingekom en die vrou gewurg totdat sy bewusteloos geword het.

Sy het later bygekom en in die lig van ’n olielampie gesien dat haar verkragter ’n diep snymerk aan die linkerkant van sy gesig het.

Polisie-konst Nadia van Wyk (863-1040) meen dat ’n Fairyland-inwoner, Kabelo Mokitini (in sy laat 20’s), haar met die ondersoek sal kan help.

* Konst Van Wyk is ook op soek na inligting rakende die verkragting op 7 Augustus van ’n meisie wat uit ’n dansplek in Suider-Paarl ontvoer is.

Die meisie was om middernag in die International Hotel toe die man wat haar ’n geleentheid soontoe gegee het, ene Niel van Klapmuts, haar daar uitgeruk het.

Hy het ’n mes teen haar keel gehou, met haar in sy bruinkleurige stasiewa tot buite die dorp gery, en haar verkrag.

Die meisie het ontsnap nadat die man aan die slaap geraak het.

Die polisie wil ook graag ’n verklaring neem van die vrou by wie se woning die meisie om hulp aangeklop het.

* Eight cases of crime against women and children were reported during the past weekend.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za