Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bevorder vaardighede

Bevorder vaardighede
 
2009-08-20


DIE VGK Bet-el bied hierdie naweek ’n inligtingsessie en werkswinkel van Ubabalo en SCAS (Sport for Christ Action South Africa) aan.

Altwee organisasies poog om mense te bemagtig deur lewensvaardigheidswerkwinkels aan te bied aan jeugleiers, onderwysers en enige belangstellendes sodat hulle deur sport dié vaardighede aan kinders en jongmense kan oordra.

Hulle gaan veral konsentreer om sokker en die Wêreldbeker as agtergrond vir die aanbiedings te gebruik.

Die eerste sessie deur Ubabalo vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 18:30 by VGK Bet-el en Saterdagoggend 22 Augustus vanaf 09:00 tot 12:00 sal SCAS die inligtingsessie aanbied.

Van 13:00 tot 15:00 bied hulle ’n praktiese werkswinkel aan by Dalweide Primêre Skool. Ouers, onderwysers, jeugleiers, Sondagskool-onderwysers, en kerkleiers word uitgenooi. Die sessies is gratis en etes word aangebied.

Vir navrae, kontak Jacomina Alkaster by 082-992-3093 of Jacomina.alkaster@vodacom.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za