Rugby-flitse
2009-08-20
* BOLAND KAVALIERS Saterdag 15:00 speel die Cheetahs teen Boland in Bloemfontein.
* KLUBRUGBY * (Vrydagaand) Paarl RFC vs Van der Stel (Faure); Albions vs Langa (Dal). * (Saterdag) Peoples vs Pniel (Pniel); Windmeul vs Standards (Windmeul); Simondium vs Riverstones (Simondium); Gardens vs Allandale (Gardens Park); Blues vs Pêrel United (Dal); Wellington vs Worcester (tuis).
*SKOLERUGBY (Saterdag) Hoërskool Hugenote vs Swartland (weg); Landbouskool vs Outeniqua (weg, op George) in Media24 Uitklop-finaal.
* PAARL RUGBYKLUB VAL VAS Paarl Rugbyklub se eerstespan het Saterdag met 20-26 vasgeval teen Strand United. Paarl se tweedespan het 29-19 verloor en die derdes het 24-12 gewen. Paarl se o.20’s het met ’n 122-0 sege oor NNK, wat 18 drieë ingesluit het, die seisoen onoorwonne afgesluit en deurgedring na die semi-finaal.
* YOUNG PEOPLES BUIG KNIE In ’n Super B-liga wedstryd het Young Peoples Satedrag met 19-36 die knie gebuig teen Hands & Heart.
* ALBIONS Albions het Saterdag, in ’n wegwedstryd, 11-15 vasgeval teen Rangers. Lincoln du Preez (2 strafdoele) en Cheslyn Cyster (1 drie) was die puntemakers. Bradley Fillies, was die speler van die wedstryd. Die veterane- en vrouespanne oefen die volgende paar weke vir die derby-wedstryde op 12 September op Faurestraat. Kontak 073-419-8476.
* YOUNG STANDARDS Standards se bestuur nooi alle spelers en lede uit na ’n kerkdiens, Sondag 23 Augustus om 10:00, by Bethel Congregational Kerk in Ewansstraat.
* MATIES TROEF DRAKIES Drakenstein se vroue-rugbyspan het Saterdag 10-28 vasgeval teen Maties. Die Drakies se Chaney Hendricks (speler van die wedstryd) en Areesa Grain, het enduit probeer. Die Drakies speel volgende tuis teen UWK.
* HILLCREST PAK STANDARDS Dié Saterdag vind die laaste wedstryde van die Superliga plaas, met Hillcrest United wa Standards (Bredasdorp) op Pelikaanpark gaan pak. Hillcrest lê derde op die punteleer, maar kan steeds die uitkloppe misloop indien hulle vasval. Standards lê laaste op die punteleer. Na dié wedstryd sal daar ’n karaoke in die klubhuis wees. * Die klub se amptelike fotosessie vind vanaand in die klubhuis plaas.
More
News
|