Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole-rugby proe soet en suur

Skole-rugby proe soet en suur
 
2009-08-20


DIE ‘soet’ van Saterdag se skole-uitslae gaan aan HJS, Landbouskool en Noorder-Paarl Sekondêr.

Terwyl Hoër Jongenskool 23-10 gewen het teen HTS Drostdy, het die Hoër Landbouskool Boland deurgedring na die finaal van Media 24 se uitklopkompetisie na Dinsdag se 30-5 sege teen Worcester Gim. Landbouskool kom die naweek teen Outeniqua te staan op George.

In ’n riller van ’n wedstryd, wat in die heel laaste minute eers beklink is, het Noorder- Paarl Sekondêr vir Paulus Joubert Sekondêr met 15-13 getroef op die Faurestraat-stadion, om sodoende as 2009 se Derby-kampioene gekroon te word.

Die ‘suur’ gaan aan Hoërskool Gimnasium, wat teen alle verwagtinge die knie gebuig het teen ’n begeesterde vyftiental van Hoërskool Tygerberg.

Die Gimmies, wat oor die laaste klompie jare selde aan die verloorkant was in enige wedstryd, se eerste rugbyspan het Saterdag 10-12 verloor.

Groendal Sekondêr het sy o.19A derby-wedstryd teen Kylemore met 14-10 gewen.

Hoërskool Labori het 15-18 vasgeval teen Montana.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za