Die gevare van polisieman wees
2009-08-20
DIS nie aldag maklik om ’n polisiebeampte te wees nie. Dit is die afgelope naweek weereens bewys, toe polisiebeamptes slagoffers geword het van aanrandings. Konst Blyth Matthee het Saterdag ’n klagte ontvang oor twee mans wat in Brightstraat, Groenheuwel, baklei. Met sy aankoms daar het ’n groep toeskouers om die bakleiers gestaan en hulle aangehits. Toe Matthee die bakleiery probeer stop, het ’n ontstoke omstander hom met ’n baksteen teen die knie gegooi. Natasha Fortuin is vir aanranding in hegtenis geneem. In nog ’n geval, moes insp Daniel Salies ’n klem-in-die-kaak inspuiting kry, nadat hy aan die vinger gebyt is toe hy gereageer het op ’n klag van aanranding, dié keer in Johanstraat, Groenheuwel. Toe hy een van die mans wou arresteer, is hy so hard op die vinger gebyt dat die bloed geloop het. Jacobus Sheldon is in hegtenis geneem.
More
News
|