Hondesmous loop hom vas
2009-08-20
Lise Beyers
ONWETTIGE honde- smouse is steeds doenig in die omgewing. Verlede Saterdag het ’n man by die winkel van Gelderblom Motors in Jan van Riebeeckrylaan, Paarl, ingestap met ’n wolhaar-brakkie op elke arm. Hy het die honde, wat baie soos labradors lyk, aan kliënte probeer verkoop vir R300 stuk. Die mede-eienaar van Gelderblom Motors, Lizel Steyn, het egter flink gedink en die man se aandag afgetrek deur die prys te probeer afkibbel. Terwyl sy hiermee besig was, het sy die stille alarm gedruk en toe die sekuriteitsmaatskappy kort daarna hul verskyning gemaak het, het die hondesmous die pad gevat. Een van die hondjies is agtergelaat, maar hy het steeds die ander een by hom gehad. Intussen het die polisie ook hul verskyning gemaak en die voortvlugtige is aangekeer. Maar die polisie het volgens wetgewing geen jurisdiksie om sulke trawante aan te kla nie, want dit is baie moeilik om te bewys of die diere gesteel is. Munisipale regulasies oor smousery word ook nie meer toegepas nie. Steyn was byna in die versoeking gelei om albei hondjies huis toe te neem, so oulik was hulle, maar het vir hulle na die DBV op Wellington geneem. Die publiek word gemaan om nie hondjies op straat te koop nie, want dit hits die onwettige handel in diere aan. * Illegal animal traders are still selling dogs in Paarl.
More
News
|