Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou skuldig aan bedrog

Vrou skuldig aan bedrog
 
2009-08-20


’n VOORMALIGE boekhoudster van die Paarlse regsfirma Van Wyk Fouchée is vandeesweek skuldig bevind aan diefstal van meer as R2 miljoen by hierdie firma, asook by ’n regsfirma in Malmesbury.

Paulina Cronjé (43) van Malmesbury het 13 jaar by Van Wyk Fouchée gewerk, voordat haar misdrywe agtergekom is.

Hier het sy oor ’n tydperk van ten minste sewe jaar R1,6 miljoen in haar sak gesteek vanuit die maatskappy se koffers.

Cronjé het elektroniese oorbetalings gedoen na haar persoonlike bankrekening, maar op bankstate het ’n ander geloofwaardige naam getoon.

In 2007 is sy weg by Van Wyk Fouchée, voordat die bedrog vasgestel is, en het begin werk by ’n regsfirma in Malmesbury.

Maar haar plaasvervanger in die Paarl het vinnig agtergekom dat daar fout is met die boeke en het dit gerapporteer aan die vennote. Cronjé is hieroor gekonfronteer en ’n terugbetalingsooreenkoms is bereik.

Maar nadat dit aan die lig gekom het dat sy haar nuwe werknemer ook met meer as R700 000 ingedoen het, het Van Wyk Fouchée vir haar gedagvaar.

Cronjé het vandeesweek skuldig gepleit aan 253 klagtes van bedrog en een van geld-wassery.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za