Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skape in tronksel

Skape in tronksel
 
2009-08-20

Lise Beyers

DIE Paarlse polisiestasie het twee vreemde vierpotige besoekers in hul selle gehad die afgelope week.

Twee skape het Woensdagaand tydelik hiér hul intrek geneem, nadat parate polisiebeamptes op hulle afgekom het in ’n motor.

’n Verdagte voertuig is van die pad afgetrek in die omgewing van Windmeul. Toe die polisie die motor deursoek, het hulle tot hul verrassing afgekom op een skaap wat op die agterste sitplek toegedraai was in ’n kombers. Die ander een was in die kattebak versteek.

Die skape en drie verdagtes is na die Paarl polisiestasie geneem en die regmatige eienaar van ’n plaas in die Windmeul-omgewing is in kennis gestel.

Hy het Donderdagoggend die skape kom haal, maar hulle moes van kant gemaak word, weens beserings wat hulle opgedoen het tydens die diefstal.

Veediefstal is niks vreemds in dié gebied nie, en dit is niks vreemds as tot nege skape per nag op een plaas gesteel word nie.

Veediewe vanuit Bloekombos en die Kaapse Vlakte teiken dikwels afgeleë gebiede om die Paarl om vee te steel. Klapmuts-boere veral het in die verlede erg deurgeloop, wat veroorsaak dat al hoe minder boere vee in dié gebied aanhou.

Banginkosi Luthuli, Mk- han­jisele Matimase en Qangazani Velembo van Daljosafat is in hegtenis geneem in verband met hierdie voorval.

* Stock theft has reared its head in the area again.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za