Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot nood op stasie

Groot nood op stasie
 
2005-08-25


DIE nood was groot, toe die passasierstrein uit die Kaap met sy neus in Wellington se damestoilet beland het.

Sy het haar “amper natgemaak” van skrik, vertel ’n vrou wat (gelukkig, sug sy) nog op pad na die badkamers was.

“Die trein het te vinnig gekom,” meen Annie Lerm van die Stasiekafee.
Sy was verlede Donderdag om 09:15 in die teekamer langs die mans- en damesgeriewe. Dis toe dat sy die slag gehoor het.

“Die mense het aangehardloop gekom om te sien wat aangaan,” het Annie gesê.

“Die drywer kon nie stop nie, en toe jaag hy met so ’n vaart in die remblok vas dat dit stukkend breek. Die trein stoot toe die blok om, en ry verder tot in die muur van die damestoilet.

“Gelukkig was daar op daardie oomblik niemand in die toilet nie.”

Die pendelaars in die wegholtrein het self maar geknyp, vertel die omstanders wat op die perron die petalje in ongeloof aanskou het.

Hulle en die drywer was behalwe vir skok, ongedeerd.

Die deel van die treinspoor en die perron wat deurgeloop het, is vinnig afgesper vir herstelwerk van sewe werksdae.

* A runaway train hit a toilet building at Wellington station.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za