Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skrikbewind langs rivier

Skrikbewind langs rivier
 
2009-08-20

Lise Beyers

DIT lyk asof ’n bende wat bestaan uit drie mans tans ’n skrikbewind voer in die Paarlse Arboretum.

In die eerste voorval is ’n sewe-en-dertig-jarige vrou deur drie mans verkrag op die oewer van die Bergrivier.

Die vrou het verlede Dinsdagaand omstreeks 19:00 op die voetpaadjie van die rivier gedraf langs Bergrivier Boulevard.

Sy is blykbaar deur drie mans genader en gevra vir ’n sigaret.

Toe sy vir hul streke val en stop om te hoor wat hulle vra, het hulle vir haar oorweldig en by ’n steeg ingesleep langs die Toringkerk-kerkhof.

Hiér is sy deur al drie mans om die beurt verkrag.

Die mans het gevlug en die vrou is na die Paarl Hospitaal vir behandeling geneem.

Maar Sondagoggend het drie vermeende rowers hul moses teëgekom in die Arboretum, toe hulle ’n sestienjarige seun probeer beroof het.

Vernon Els, wat ’n bekende is in die modelvlieg-geledere, het die oggend oudergewoonte met sy fiets deur die Arboretum gery.

“Ek het nog rustig gery, toe tref iets vir my teen die kop. Ek het van my fiets afgeval en toe ek weer sien, was daar drie mans bo-op my.

“Een van die mans het na my horlosie gegryp, maar ek het opgestaan en sy arm gebuig en hard op sy elmboog geslaan. So hard dat ek kon voel dat dit gebreek het.

“Hy het verskriklik geskree en een van sy makkers het weer vir my bespring, maar vir hom het ek met die vuis teen die mond geslaan.”

En toe het die derde man sy voet onder hom uitgeskop, en hiermee is Els se enkel erg verswik. Maar hulle het besef dat hy die oorhand het en het hinkepink die pad gevat.

“Ek het dadelik die polisie gebel, maar hulle het nie juis geklink asof hulle belang stel nie. Ek het toe vir my pa gebel wat dadelik die pad gevat het Arboretum toe.”

Els het sy fiets opgetel en as stut gebruik en in die rigting van die voetoorgang geloop. ’n Weldoener het gesien dat hy sukkel en het vir hom verder gehelp.

Teen die tyd dat hy by die brug gekom het, was sy ouers daar om te help.

Die polisie het uiteindelik hul verskyning gemaak en gesê dat hulle die hospitale sal vra om op die uitkyk te wees vir ’n man met ’n gebreekte elmboog.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem weens hierdie twee voorvalle nie.

Hierdie is een van vele aanvalle in die Arboretum-boomtuin, wat eens bekend gestaan het as die ‘juweel van die Paarl’.

Dié munisipale tuin het nou berug geraak vir aanvalle. Alhoewel die hawelose mense wat hulself hier tussen die bosse tuisgemaak het, verwyder is, wandel boosaards steeds daagliks hier rond.

Die polisie het al vantevore waarskuwings aan die publiek uitgereik nadat mense aangeval is.

Maar die publiek wat gebruik maak van die Arboretum wil weet hoekom hierdie pragtige gebied nie deur die Munisipaliteit beveilig word nie, aangesien dit juis aangebring is vir die ontspanning van natuurliefhebbende Paarliete.

* A woman was raped by three men on the banks of the Berg River, and a young man was attacked while cycling in the Arboretum.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za