EK vind die reaksie van mnr Francois Davids, president van Boland Rugby, op die besware van Magdalene Kisting oor sy intimiderende gedrag teenoor haar, onbevredigend.
Die president se optrede moet altyd onberispelik wees en te alle tye tot voordeel van die betrokke unie.
Mnr Davids moet te alle tye rugby in die Boland dien en alles in sy vermoë doen om dit te bevorder, want rugby in die Boland is besig om ’n stadige dood te sterf.
Dit wil voorkom of net hy en die nuwe bestuur dink daar is geen probleme nie.
Ek wil ook my kommer uitspreek oor die onlangse fiasko met die besoek van die Springbokke aan Boland Stadion.
Daar was geen strukture en sekuriteit in plek tot die beskerming van die Springbokke nie. Die gevolg was dat die Springbokke onmiddellik onttrek moes word en duisende kinders van so ver as Robertson moes baie teleurgesteld terugkeer huis toe.
Gaan hy die blaam hiervoor ook op mnr Jackie Abrahams lê?
Hannes Cooper