Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


’n Kairos oomblik saam met plaaslike skrywer

’n Kairos oomblik saam met plaaslike skrywer
 
2009-08-27


DIE Paarlse skrywer Petro Rhode stel Maandag 31 Augustus haar boek getiteld “’n Kairos oomblik” by die Meulstraat Bib­lioteek in die Paarl bekend.

Dit is ’n geestelike bundel wat ’n samestelling van ’n paar van haar gedigte en gedagtes in verskillende omstandighede insluit.

Die boodskap wat sy met die boek wil oordra, is dat elkeen ’n storie het, deur verskillende seisoene gaan en by ’n kruispad kom en ’n keuse moet maak. Petro gee haar boek self uit.

Die Voorsitter van die Afrikaaanse Skrywersvereniging (ASV), Willem Fransman, gaan by die geleentheid die gaste inlig oor selfpublikasie. Barbara Rass wat alombekend is dat sy opstaan vir veral mishandelde vroue sal ’n praatjie lewer.

Die boek gaan by die bekendstelling te koop wees, en daarna by onder andere Boekhoekie in Lady Greystraat en Monte Christo Coffee Shop op die hoek van Pastorielaan en Van der Lingenstraat in die Paarl.

Petro is ’n rubriekskrywer by ’n Sondagponiekoerant, en is ook ’n medeskrywer aan ’n sitkom vir televisie, tesame met die dramaturg en regisseur Jeffrey Moss en Warren Rickets ook van die Paarl. Kontak Petro by 021-862-3636 of 021-862-9874 (na ure) of 076-304-9627.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za