CUTT GLAS se Alles van die beste met Karen Meiring, Bondina Osterhoff, Karen Wessels, Rozelle Blackie, Mabet van Wyk en gaskunstenaar Anna Davel is Saterdag 26 September om 14:00 te sien by die FNB Ouditorium (Polisiekollege) tydens vanjaar se Cultivaria-fees.
Cutt Glas is 20. Nee, dis nie die hoeveelheid lede in die groep nie, ook nie hul gewig of hul IK nie.
Cutt Glas vier 20 jaar van spesiale oomblikke.
Hulle laat skater gehore al jare lank met hul skerpsinnigheid en eiesoortige medleys en hulle is Suid-Afrika se eerste professionele vroue à capella-groep en ons eerste kulturele ambassadeurs.
Alles van die beste bestaan uit gehoorgunstelinge met nuwe kommentaar wat jy nie mag mis nie. Kom wees deel van hierdie geskiedkundige gebeurtenis en ja, bring jou sakdoek om die lagtrane af te droog.
Bespreek by 021-872-9754 of by www.cultivaria.com.
) Drie gelukkige lesers staan ’n kans om twee kaartjies elk te wen. E-pos die naam van Cutt Glas se nuwe CD en jou naam en kontaknommer na edit@paarlpost.co.za. Die eerste twee wenners sal ook met hul nuutste CD, getiteld Vlymskerp, wegstap.