DIE opwindende, jong sopraan, Zanne Stapelberg, is op 5 September om 20:00 in die Breytenbach-sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, op Wellington te sien.
Hierdie kunstenaar, wat onlangs met die Standard Bank-toekenning vir jong talent bekroon is, sal begelei word deur die pianis Ean Smit.
Stapelberg het nadat sy haar musiekgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1998 verwerf het, vinnig hoë hoogtes bereik.
Sy het onder andere reeds gesogte rolle soos Angelica in Suor Angelica, Nella in Gianni Schicchi, Mimi in La Bohéme en Ilia in Mozart se Idomeneo te vertolk.
Ander optredes sluit in Handel se Messiah, Vivaldi se Gloria, Mozart se Dixit Dominus en nog meer.
In haar vertoning, “Diva Absoluta”, sal Zanne ’n verskeidenheid van haar liedere sing.
Dit is veral haar charismatiese persoonlikheid en dinamiese voorstelling, wat sal maak dat musiekliefhebbers ’n ervaring soos min sal beleef.
Kaartjies is R95 en kan bespreek word by 021-873-2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za of by 072-115-2913.