RUSOORD tehuis vir bejaardes in die Paarl hou hul tweede rolstoel-pretrit op Saterdag 5 September.
Die doel van die pretrit is om na mense met fisiese gestremdhede wat van mobiele hulpmiddels afhanklik is, uit te reik. Daar sal 地 pretrit van onderskeidelik 2km, 5 km of 7 km wees. 地 Assistent kan gebruik word om die rolstoel te stoot.
Daar is geen ouderdomsbeperking, oud, jonk en skoliere is baie welkom om deel te neem. Moeders met babas in stootkarretjies word ook aangemoedig om ter ondersteuning van die gestremdes en bejaardes vir bogenoemde pretrit in te skryf.
地 Beroep word op die gemeenskap gedoen om die projek te ondersteun deur middel van hulpverlening aan gestremdes en bejaardes in die vorm van aanry van deelnemers en die borg van inskrywingsfooie. Kontak Anna-Marie Geldenhuys by 021-872-1982.