Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Errol klim die leer

Errol klim die leer
 
2009-08-27


NADAT Errol Keet (27), opvoeder van Nederburg Primęr, genomineer is deur Microsoft SA vir sy interaktiewe webtuiste-ontwerpe en as mees kreatiewe rekenaaropvoeder by die finale prysuitdeling in Johannesburg, het Andries du Plessis (IT bestuurder van Oprah Winfrey Leading Academy School) vir hom genader om vir Oprah Winfrey se skool te werk.

Errol het eers gedink dat Andriess ’n grap maak, en het net eenvoudig gelag.

Hierdie jong knaap is gebore in die Paarl, maar het grootgeword in Heilbron, Vrystaat. Keet het daar gematrikuleer en sy BBA graad in Informasie Tegnologie by Cida City Campus verwerf. Hy het ook gespesialiseer in bemarking en menslike hulpbronbestuur en verskeie sertifikate verwerf.

Vir Errol kan jy niks vertel van informasie-tegnologie nie, en hy verlaat nou die skool om van September sy voete te vind asnuwe Informasie Tegnologie-onderwyser by Oprah Winfrey se skool in Johannesburg.

Hy beoog ook om sy boek “In the Shadow of God” wat hy onlangs begin skryf het, te publiseer.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za