Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe puntdiens-span aangestel

Nuwe puntdiens-span aangestel
 
2009-08-27

Lise Beyers

MOTORISTE sal van nou af op hul hoede moet wees, met 14 puntdiens-beamptes wat aangestel is om sodoende verkeersbeamptes meer sigbaar te maak.

In die verlede moes verkeersbeamptes waardevolle wetstoepassingstyd aan puntdiens spandeer.

Die 14 beamptes, wat elkeen op ’n jaarkontrak aangestel is deur die Drakenstein Munisipaliteit, sal nou hierdie pligte oorneem.

Hulle sal tydens spitstye belangrike kruisings beman, asook wanneer skole uitkom en tydens ander geleenthede waar hulle benodig word.

Nie net sal hul teenwoordigheid die verkeersvloei op plaaslike paaie vergemaklik nie, maar verkeersbeamptes kan nou onversteurd voortgaan met wetstoepassing op die paaie.

Verkeershoof Japie Cornelissen, het die aanstellings verwelkom en gesê dat verkeersbeamptes hulself nou kan toespits op die toepassing van die wette van die pad.

“Bo en behalwe ons mannekrag wat nou hul volle aandag kan skenk aan verkeersoortredings, het ons ook twee nuwe voertuie aangeskaf wat ons taak sal vergemaklik.”

Hy het gewaarsku dat die dae van wetteloosheid op die paaie nou verby is en dat oortreders vasgevat sal word.

Fourteen point duty attendants have been appointed by the Drakenstein Municipality to regulate peak hour traffic in the area.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za