Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Indringers vat oor op Paarlberg

Indringers vat oor op Paarlberg
 
2009-08-27

Lise Beyers

VIR 40 jaar lank het Pieter Killian geen teken van ’n wattelboom op sy kleinhoewe teen die hange van Paarlberg gehad nie.

Maar ná die verwoestende Paarlberg-brand in Maart, het miljoene wattelboompies hier opgeslaan.

Killian het elke jaar gifdoder gespuit om ontslae te raak van die klein boompies. So het sy erf skoon gebly van hierdie indringer.

Maar met vanjaar se brand het die vlamme vir die eerste keer in 40 jaar deur sy grond getrek, en veroorsaak dat die rustende saadjies ontkiem het.

Killian sê dat hy nou duisende rande sal moet spandeer om ontslae te raak van hierdie boompies, anders neem hulle die terrein oor.

Maar die plaag van wattelbome is nie slegs ’n probleem op Killian se grond nie - Paarlberg ly erg onder ’n aanslag van indringerbome ná die brand.

Die Paarlberg-brand het juis ontstaan in ’n dennewoud agter die Voortrekker-saal, vermoedelik weens nalatigheid van bosbewoners.

Veral hiér is daar ’n oerwoud van indringerbome soos wattels, denne- en populierbome.

Volgens natuurkenners kan die rede vir die ontsettende krag van die Paarlberg-brand hiervoor geblameer word.

Bome soos denne het ’n hoë olie-inhoud wat uiters vlambaar is.

Toe die brand tussen dié bome ontstaan het, het dit in ’n onbeheerbare vuurpoel ontaard, wat vinnig versprei het, ook weens dennebolle wat ontplof het.

En die uitgebrande bome en hul wortels kan vir weke lank smeul.

’n Fynbosbrand versprei ook vinnig, maar brand terselfdertyd vinniger dood, en dié skade is nie naastenby so groot soos die wat deur ’n brandende woud van indringerbome veroorsaak kan word nie.

En behalwe die brandgevaar wat indringerbome inhou, bedreig hulle die bestaansreg van inheemse bome en plante, asook die natuurlike waterbronne.

Een boer in die Bovlei het vertel dat, nadat hulle teen die Groenberg wattelbome begin uitroei het, ’n stroompie vir die eerste keer in byna 50 jaar weer begin vloei het. Maar die Drakenstein Munisipaliteit voer aan dat daar eenvoudig nie fondse is om volwasse indringerbome teen die hange van Paarlberg uit te roei nie.

Alhoewel daar drie jaar gelede wel ’n poging aangewend is om hierdie bome af te saag, is die projek vinnig laat staan, en die boomstompe is net daar gelaat.

Boomspesialis Barry Stander sê dat wanneer so ’n projek aangepak word, dit ’n goed deurdenkte projek moet wees.

Dit is ’n intensiewe uitroeiproses en dit moet volgehou word, anders groei die bome net weer vinnig.

Daarvoor is ’n ingrypende projek nodig, wat nie net die Paarlberg-natuurreservaat sal baat nie, maar ook werk sal skep vir die groeiende aantal werkloses in die vallei.

Tans word daar glo onderhandel met verskeie rolspelers om hierdie projek ’n realiteit te maak.

* Alien trees are taking over on Paarl Mountain after the fire earlier this year.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za