Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kop in kompos gevind

Kop in kompos gevind
 
2009-08-27


DIE kop van ’n vrou is vandeesweek gevind, drie jaar ná haar grusame moord.

Die erg verminkte lyk van Johanna Claasen is op 19 Januarie 2006 langs die Spruitrivier naby Hugenote Laerskool deur ’n voetganger gevind.

Die slagoffer se kop was vermis, asook haar regterbeen wat onder die knie afgesny was. Haar liggaam was ook verbrand en haar geslagsdele geskend.

Na ’n intensiewe soektog is geen teken van Claassen se vermiste ledemate gevind nie.

Pieter Keyster (27) is kort ná die gru-vonds in hegtenis geneem en is in 2007 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Maar steeds is die raaisel van Classen se vermiste kop nie onthul nie.

Maar vandeesweek het ’n tuinier kompos gaan haal by ’n komposhoop langs die Spruitrivier digby Hugenote Laerskool.

Terwyl hy daar gegrawe het, het hy ’n skedel raak gegrawe en toe die oorskot van ’n been.

’n Verdere soektog is geloods waarna ’n nekbeen, tand en toon gevind is.

DNA toetse sal nou uitgevoer word om te bevestig dat die oorskot dié van Claassen is.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za