Charleston Hill wen derby
2009-08-27
IN hul heel eerste derby-kragmeting, wat Saterdag op die Faurestraat-stadion plaasgevind het, het Charleston Hill Sekondêr se eerste rugbyspan ’n 5-0 oorwinning oor Wellington Hoërskool behaal. In ander rugbywedstryde, het Charleston Hill se o.14A-span 10-0 gewen, terwyl Wellington Hoërskool se o.15A’s (18-12) en o.16A’s (25-0) puik seges behaal het. Charleston Hill se netbalspanne - die o.14’s (21-2), o.16’s (11-6) en o.19’s (19-15) - was almal aan die wenkant. Charlston Hill se sokkerspanne het ook almal geseëvier - dogters (1-0); o.14 seuns (1-0); o.16 seuns (3-2); o.19 seuns (4-0). Charleston Hill se seunsvlugbalspan het 2-1 gewen, terwyl Wellington Hoërskool se dogter svlugbalspan met 2-1 geseëvier het. Wellington Hoërskool was met 5-3 die wenspan in die skaak.
More
News
|