Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote deel louere

Hugenote deel louere
 
2009-08-27

Jaco van Wyk

ONDANKS die feit dat hulle slegs vier nederlae gely het uit altesaam 37 rugby-, netbal- en hokkiewedstryde, kon Hoërskool Hugenote se eerste rugbyspan nie Saterdag hul interskole-triomftog van die afgelope vyf jaar teen Swartland voortsit nie.

In die hoofwedstryd van die dag, wat op Malmesbury gespeel is, het Hugenote nou wel nie die knie gebuig nie, maar met ’n uiteindelike 7-7 gelykop-uitslag het Swartland ’n sesde interskole-nederlaag net-net vrygespring.

Met Hugenote se skrumskakel, Godlin Masimla, uitstekend op dreef met sy taktiese skopwerk, was die manne van Wellington eintlik die beter span op die dag.

Hulle het veral oorheers in die lynstane, maar in die vaste skrums was Swartland se voorspelers ’n taai kalant om in toom te hou.

Oor die algemeen het Hugenote egter hul teenstanders van Malmesbury oorskadu.

Hugenote se eerste seunshokkiespan, wat nog nie vanjaar ’n liga-wedstryd prysgegee het nie, het 2-1 gewen teen hul opponente. Die eerste dogtershokkiespan het 0-0 gelykop gespeel. Hugenote se eerste netbalspan het 21-19 gewen.

In die rugby het al Hugenote se rugbyspanne, behalwe die o.19A-span, koning gekraai: o.14A (22-0); o.14B (12-7); o.15A (8-5); o.15B (5-0); o.16A (36-0); o.16B (30-0); o.19A (7-7); o.19B (13-0); o.19C (8-3).

In die hokkie het slegs Hugenote se eerste seunshokkiespan geseëvier (2-0); met die tweede-span (1-1) wat gelykop gespeel het. Die o.14A’s en o.16A’s het albei met 0-1 vasgeval.

Al die dogtershokkiepanne, behalwe die eerste- en tweede-spanne, het gewen: o.14A (1-0); o.16B (1-0); o.18A (0-0); o.18B (1-1); o.18C (4-0); o.18D (2-0).

Al Hugenote se netbalspanne, buiten die o.16A’s en o.19E’s, het koning gekraai: o.14A (23-9); o.14B (17-11); o.14C (22-4); o.14D (24-6); o.14E (7-3); o.16A (16-17); o.16B (21-11); o.16C (16-7); o.16D (13-3); o.16E (30-2); o.16F (11-7); o.19A (21-19); o.19B (19-6); o.19C (25-7); o.19D (16-6); o.19E (10-21); o.19F (15-7).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za