Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2009-08-27


BOLAND KAVALIERS

Die Luiperds speel môre (28 Augustus) om 19:10 teen die Kavaliers op Potchefstroom. Die Kavalierspan is:
Justin Peach, Deon Scholtz, Cornal Hendricks, Hein Myburgh, Luvo Sogidashe, Elgar Watts, Danie van der Merwe, Carel Hoffman, Wendal Wehr, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis (k) en Janro van Niekerk.

KLUBRUGBY

Saterdag 29 Augustus: Young Peoples vs Tygerberg (Daljosafat-stadion); Paarl vs Belhar (weg); Rangers vs Atlantis (Dal A); Young Standards vs Young Gardens (Faurestraat-stadion); Laer Paarl vs Riverstones (Dal D); Violets vs Windmeul United (Dal C).

RUGBYSTREEK

Die algemene maandvergadering van die uitvoerende bestuur van die Paarlstreek vind plaas op Woensdag 2 September te Allandale (19:00). Reëlings rondom die Paarlstreek Uitklop- en Erfenisdag-sewestoernooi sal gefinaliseer word.

ALBIONS BUIG KNIE

Albions het verlede Vrydag 27-34 vasgeval teen Langa. Albions se puntemakers was Edgar Arendse (2 drieë), Clinton Simons (1 drie) en Lincoln du Preez (1 drie, 2 doelskoppe en ’n strafdoel). Hendrick Kunene was Albions se speler van die wedstryd. Albions II het 18-10 gewen.

PAARL RUGBYKLUB SEËVIER

Paarl Rugbyklub het verlede Vrydag vir Van der Stel met 32-8 geklop op die Faurestraat-stadion.
Paarl II het 27-8 gewen en Paarl III het 10-0 gewen.

DRAKIES TRAP VISHOEK

Drakenstein se vroue-rugbyspan het Saterdag, in hul laaste liga-wedstryd, vir Vishoek met 53-25 getroef en in die proses 9 drieë ingeryg. Puntemakers was Areesa Grain (5 drieë), Shanice Sabbat (2 drieë), Loukrisa Jacobs (2 drieë) en Marco Steenkamp (4 doelskoppe). Die jong speler van Mbekweni, Ketcile Tiheong, verdien krediet vir haar goeie spel. Zaskia Lochner was die speler van die wedstryd.

EVERGREENS EINDIG STERK

Paarl Evergreens het Saterdag, op Evergreenspark, sy ligaverpligtinge met ’n goeie 22-8 oorwinning afgesluit oor Samoa van Moorreesburg. Die rustydtelling was 9-8 vir Evergreens.
Die flank Eugene Andries het altesaam met vier strafdoele geslaag, met Adrian Jacobs en Enslin de Lange wat elk ’n drie behaal het in die tweede helfte.

VIOLETS HOU BEKERUITDELING

Violets Rugbyklub hou op 19 September hul bekeruitdeling in die Huguenot Gemeenskapsaal (19:00). Toegang is R50.

YOUNG PEOPLES

Ná afloop van eerskomende Saterdag se wedstryd tussen Young Peoples en Tygerberg op die Daljosafat-stadion, sal Peoples ’n halwe hoenderbraai aanbied teen R40.

STARS WEN IN KWARTEIND

In ’n Boland Rugbyunie-wedstryd het Young Stars Saterdag vir Sandrivier 7-6 geklop in die kwarteindronde.
Donovan Abrahams het Stars se drie gedruk. Christo Fransman het dié drie verdoel.
Eerskomende Saterdag speel Stars teen Wemmershoek in die halfeindronde op die OKB-velde op Wellington.

VILLAGERS VAL VAS

Newton Villagers het Saterdag onverwags vasgeval teen Paardekloof (Ceres).
Villagers se punte is aangeteken deur Beer Jantjies (1 drie), Vernon Juries (3 strafdoele) en Lee-Irwin Alexander (1 strafdoel).
Villagers speel op 5 September tuis teen Goedverwacht van Piketberg. Die klub bied op 19 September ’n snack dance by Dalweide Primêr, met Public Opinion wat die musiek sal verskaf. Kontak D Malgas by 078-011-6407.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za