Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Premierliga wink vir Hillcrest

Premierliga wink vir Hillcrest
 
2009-08-27


NA Saterdag se skitter-oorwinning oor Young Standards van Bredasdorp, wink Boland Rugby se hoogste liga, die Boland Premierliga, vir Hillcrest United.

Hillcrest het ná ’n puik seisoen gekwalifiseer vir die uitkloppe, wat sal bepaal watter spanne gepromoveer gaan word om volgende seisoen teen Boland se groot manne, soos Roses en Wellington Rugbyklub, mee te ding.

Die terugkeer van Conroy Gertse, Gerswin van Rooyen en Charlton Solomons het beslis die nodige uitwerking gehad om teen Standards te seëvier. Ná ’n stadige begin teen ’n begeesterde Standards-span, het Hillcrest uiteindelik met 41-27 geseëvier.

Die belowende Renaldo Festus het met twee skitter-drieë die groot skare behoorlik laat brul, met André Andrews wat Hillcrest se derde drie gedruk het.

Die Boland Cravenweek-speler, Lesley Gertse, het met twee doelskoppe geslaag.

Met Standards nog stewig in die prentjie, het die toetrede van Gertse die gang van die wedstryd heeltemaal verander. Hy het geslaag met twee skepdoele vanuit sy eie halfgebied.

Met Gerswin Heugh se gevaarlike teenaanvalle, kon hy en Lyal Nyman (Boland o.19 senter) Hillcrest se laaste drieë aanteken.

Gertse en Solomons het verder met twee strafdoele geslaag om die wedstryd te beklink.

* Hillcrest kom Saterdag in ’n uitklop-wedstryd teen Vredenburg op Saldanhabaai te staan om 13:34. Busse vertrek 10:30 vanaf Mannies teen R60 p/p.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za